Tuesday 6 January 2015

Boeretroos Tuin Tee



In Desember, op pad Kalahari toe vir vakansie ry ons deur die groen, mooie Vrystaat waar mense nog trots Afrikaans is. Al die kilometers se ry deur groen mielielande  het my Afrikaner-meisie bloed (of is dit nou maag??) laat hunker na 'n lekker koeksuster en 'n snytjie varsgebakte melktert.
 
Dis hoe die idee begin posvat het om 'n egte Boeretroos tee met tradisionele lekkernye in ons pragtige tuin aan te bied. My eerste uitdaging is om die koeksusters te maak - elke Afrikaner sal vir jou sĂȘ dat net 'n tannie met beskuit-knie-boarms en jare se ervaring kan koeksusters bak. Ek het nog net een keer probeer koeksusters bak en alhoewel die stroop geurig was het die koeksusters maar bleek gelyk en die vorm soos 'n laerskool meisie wat haar hare self probeer vleg het. Maar vir die volgende twee weke gaan ek koeksuster bak oefen tot dit by my ore uitloop en ek die perfekte koeksuster kan bak! 

Buiten koeksusters gaan ek ook melktert, hertzoggies, biltong balletjies en 'n souttert bak. O, jy weet nie wat 'n hertzoggie is nie? Kom sluit aan by my Boeretroos Tuintee, waar jy hulle kan proe en ek jou die legende van hierdie lekkerny sal vertel.

Bring jou vriende en vriendinne saam en kuier lekker in ons tuin oor 'n koppie Boeretroos. Charl sal die kelner wees (hy weet dit nog nie, maar ek het tot 'n mooi voorskoot vir hom) en ek gaan my lyf tannie hou in die kombuis.

Wanneer: Saterdag, 17 Januarie 2015 @ 16h00
Waar: Ons huis in Mayfair Wes
Prys: R100 per persoon
Vir bespreking en navraag epos my by adeline@adelineskitchen.co.za

Bring a  paar ekstra sent saam vir die karwag en "tuisnywerheid" as jy lekkerbek-goed wil koop vir die honger magies by die huis.

4 comments:

  1. Oh this is going to be such fun. Can't wait

    ReplyDelete
  2. Look forward to seeing you on the 17th! Hope you understood all the "code"

    ReplyDelete
  3. Yes I did, although you'll have to speak some of the Rooinek "code" for Mom, she's Scottish and will never understand!! See you then

    ReplyDelete